(013) 243 4776 sekrm@cmroos.co.za

“Dit is belangrik dat jy net die dinge doen waarvan jy regtig hou. Jy mag dalk arm wees, of honger, jy mag in ‘n armoedige plek bly. Maar jy sal geheel en al lééf.
En aan die einde van jou dae sal jy jou lewe seën, want jy sou gedoen het waarvoor jy na die aarde gekom het.”

Miskien ‘n vreemde uitdrukking. Maar my verstaan daarvan is dat mens jou passie moet uitleef. Mag dit só wees van julle almal! Die risiko om passievol ‘n beroep soos hierdie uit te leef, is natuurlik uitbranding en daarom is die rol van die supervisor ten opsigte van emosionele ondersteuning so noodsaaklik.

Groete, Cecile

ISSIE DIPPENAAR – BESTUURDER CMR ERMELO CHILD AND YOUTH CARE CENTRE—Issie vertel self:

Getroud met André – Pastoor van die AGS Gemeente in Ermelo.
Is ‘n ma van drie volwasse kinders en ouma van ‘n 2½ jarige seuntjie.
Is reeds 33 jaar saam met my man in die voltydse bediening. Reeds op vroeë ouderdom begeerte gehad om iets vir die Here te doen. Kon myself uitleef saam met my man in die bediening.
Was nog altyd baie betrokke in die kerk se Welsynafdeling – ook in die Villa Lubet Kinderdorp. Het altyd ‘n huis gehad wat die gemeente versorg het.
Ek het ook altyd gepoog om hande te vat met die plaaslike welsynsorganisasie. Was in die Vrystaat(Bothaville) voorsitter van Die Oranje Vroue Vereniging (Welsyn) en op die bestuur van die Noord Vrystaat OVV.
So dan ook my betrokkenheid by CMR Ermelo, vanwaar ek ook myself aangebied het om die kinderhuis projek van die grond af te kry.
Verder is dit vir my ‘n opdrag uit die Woord van God om barmhartig te wees soos die Vader in die hemel barmhartig is en die wees en die weduwee na om te sien. Jesus het deernis vir die mens gehad, daarom het hy uitgereik na die mens. Ek wil dat my deernis vir mense, omgesit sal word in dade.

WELKOM AAN

Sarah Motaung—Maatskaplike werker Ermelo CYCC
Janet du Preez—Finansbeampte CMR Middelburg
KZH Nzoyi—Maatskaplike werker Middelburg
Victoria Mashale—Maatskaplike werker CMR Groblersdal (Laersdrif)
Rene Erasmus—Admin beampte CMR Witbank
Betsie Koen—Maatskaplike werker CMR Witbank

GOEIE EN MINDER GOEIE NUUS

Akkreditasie as Kinderbeskermingsorganisasie is verleen vanaf 1 April 2012 tot 31 Maart 2015. Daarmee word ons ook gemagtig om Nasionale Aannemings te doen volgens die vereistes van die Kinderwet.
• Sarie Brummer verlaat die diens van die Departement aan die einde van Junie en gaan haarself as boervrou verstig in Delmas-omgewing.
• Die Departement is besig met herstrukturering op provinsiale vlak. Dit mag subsidieinbetalings vertraag. Tref asseblief maatreëls.
• Die Provinsiale Wersynsforum beplan op 6 Junie 2012 ‘n strategiese beplanningsessie om aanpassings aan doelwitte te maak. Gee asseblief julle verwagtinge van die forum aan supervisors deur.
• Daar word, volgens wat ek verneem, uit alle oorde druk geplaas op Lotto om sokkies op te trek.
• Die Departement is op soek na maatskaplike werkers wat afgetreë het (55jaar en ouer) Hulle wil kontrakte aan geskikte persone bied om supervisie te lewer.
• Ons nuutste pleeghuis is in Marble Hall.
• Dis baie belangrik dat gemeentes deur personeel op plaaslike vlak bedank word vir Beeld Kinderfondsbydraes!
• Laeveld het R53,000 van ‘n anonieme donateur ontvang om die tekort op die begroting te verlig!

BEELD KINDERFONDS

Baie dankie aan gemeentes vir Beeld Kinderfonds bydraes:

NG ALKMAAR, BADPLAAS, BLINKPAN, CAROLINA, ERMELO (MOEDER), ERMELO-OOS, GRAVELOTTE, GRASKOP, HENDRINA, LETSITELE, LYDENBURG, LYDENBURG-SUID, MALELANE,
MERLINDALE, MIDDELBURG, NELSPRUIT, NELSPRUIT-SUID, OGIES, OHRISGSTAD, PIET RETIEF, TZANEEN, VOLKSRUST, VOLKSRUST-SUID, WITBANK, WITBANK-SUID
R251,187 is ingesamel
R384,086 is aan CMR takke oorbetaal
Rente verdien R132,898