Uiteindelik, na sewe jaar se probeer, hartseer en wag het ons Vader vir ons ‘n pragtige baba seuntjie gestuur.
Die grootste gekenk ooit en hy is ons sin Ons Vader het hierdie mamma en pappa gelei om ons te kies om hulle seuntjie groot te maak, ons Vader se Genade en Liefde is so groot. Ons is vir ewig dankbaar aan hierdie paartjie, weens hulle onselfsug is ons nou ‘n gesin. Ons bid dat ons Vader hierdie paartjie en hul fam-ilie sal lei, sterk hou en dra. Ons bid dat ons Vader vir seuntjie asook sy biologiese ouers veilig vashou in Sy hande. Amen Ons weet daar is so baie paartjies daar buite wat dieselfde padtjie stap van “kinderloosheid” en dat hulle voel die taak is onmoontlik… NIKS is onmoontlik vir ons GOD nie. Hou vas aan God, julle geloof en gebed. Liefde
Die (amper drie) Viljoens